Cape Independence Party - CAPEXIT, CAPEXITparty, CAPEXIT Party, - FAQ2

Is die Kaap ekonomies lewensvatbaar as ‘n onafhanklike land?

Die Kaap is nie alleen ekonomies lewensvatbaar nie, dit is selfs meer lewensvatbaar as die Republiek van Suid-Afrika. ’n Onafhanklike Kaap sal floreer.

Die Wes-Kaap verloor
Ons betaal  
Ons kry   

76 % Belasting

R 185 Miljard

R 45 Miljard

’n Onafhanklike Kaap sal dus onmiddellik direk ‘n addisionele R140 Miljard  beskikbaar hê. Die Stad Kaapstad is die enigste metropool in die Kaap streek en ontvang die kleinste belasting deel van alle Suid Afrikaanse metropole. Adjunk-burgermeester Ian Neilson (Burgermeesterskommitteelid - Uitvoerende lid vir Finansies) het die volgende te sê gehad oor die onreg wat die Stad Kaapstad onder die ANC regering ly.

Volgens 2013 data van Wesgro is die Bruto Binnelandse Produk (BBP) van die Weskaap bo:

 

Bruto binnelandse produk van die Wes-Kaap was

Finansiële bemiddeling, versekering, eiendom en sakedienste was die grootste produserende sektor

Groot- en kleinhandel, spyseniering en verblyf het tweede gekom

Vervaardiging het geproduseer

R400 Miljard

R 119
Miljard

R 73
Miljard

R 66
Miljard

gevolg deur goed gevestigde landbou-, bosbou- en visserysektor(e). Hierdie is kenmerke van ‘n goed gebalanseerde ekonomie. Dit bevestig dat ten spyte van die regering se swak ekonomiese beleid en die netto onttrekking van welvaart uit die Weskaap, is die Weskaap op sigself ‘n eerstewêreld ekonomie. Vergeleke met van die wêreld se mees suksesvolle ekonomieë soos Singapoer, Switserland en Hong Kong (hoë inkomste per persoon en lae werkloosheid), het die Kaap duidelik die voordeel van grond, natuurlike hulpbronne, natuurlike energiebronne, toerisme-potensiaal en uitstekende ligging vir handel.


Singapore   Switzerland   Hong Kong   South Korea

Singapore:

slegs 707 vierkante kilometer groot met ‘n bevolking van 4.8 miljoen mense. Singapoer het in 1965 onafhanklik geraak. Op daardie stadium was dit ‘n handvol hopelose eilandjiies met grootskaalse werkloosheid, min natuurlike hulpbronne met ‘n tekort aan grond en skoon water. Vandag is dit een van die grootste ekonomieë in die wêreld met ’n per capita inkomste van $57,238*


 

Switzerland:

is 41,284 vierkante kilometer groot met ‘n bevolking van 7.6 miljoen mense. Die land is omring deur berge en het min natuurlike hulpbronne behalwe vir varswater. Ten spyte hiervan het Switserland ‘n een van die mees stabiele ekonomieë in die wêreld met ‘n per capita inkomste van $41,765.*





 

Hong Kong:

is 1,104 vierkante kilometer groot met ‘n bevolking van 6.9 miljoen mense. Hong Kong bestaan uit ‘n versameling van oorbevolkte bergagtige eilande met baie min natuurlike hulpbronne. Hong Kong word egter konsekwent beskou as een van die mees suksesvolle ekonomieë ter wêreld met ‘n per capita inkomste van $45,277*. *(Internasionale Monetêre Fonds 2010 – PPP inkomste per capita)


 

South Korea:

se BBP was in 1960 min of meer dieselfde as die nuut onafhanklike Afrikastaat Ghana. As gevolg van gesonde ekonomiese beleid en bestuur is die ekonomie vandag ‘n biljoen Dollar groot. Die bevolking is ten volle geletterd en in diens geneem. Suid-Korea het feitlik geen natuurlike hulpbronne nie en is min of meer so groot soos die Weskaap. In die sestigerjare het ekonome reg oor die wêreld geen ag geslaan op Suid-Korea nie.

Die Nobelpryswenner Gunnar Myrdal het die volgende advies gehad:  “Asia’s prospects are bleak. Countries such as Korea should stick to what they’re best at Growing Rice”

– Making Globalization Work (Joseph Stiglitz, 2007:30)

Ten spyte van die vals ekonomiese persepsies dat ‘n land slegs gebou word op hulpbronne, het Korea die skeptici verkeerd bewys en gegroei tot een van die welvarendste lande op die aarde met ‘n inkomste per capita van $29,791. Mauritius is 2040 km2 groot met ‘n bevolking van 1.3miljoen. Vanaf die 1970’s het Mauritius gegroei van ‘n lae-inkomste ekonomie tot ‘n boonste middel-inkomste, gediversifiseerde ekonomie met groeiende nywerheid, finansiele dienste en toerisme sektore. Jaarlikse groei word geskat in die orde van 5% tot 6%. Die klein Indiese Oseaan eiland het een van die hoogste lewensstandaarde in Afrika. Ten spyte van ‘n gebrek aan natuurlike hulpbronne groei die land vinniger as lande in Afrika, wat oorvloedige hulpbronne het, deur beduidende buitelandse beleggings te lok. Die banksektor alleen het meer as $1miljard se beleggings gelok. Werkloosheid is ongeveer 7.5% en die ekonomie het teen 3.6% gegroei in 2010*, gedurende ‘n tydperk waartydens die wêreldekonomie gekrimp het. *(CIA – World Factbook) 

Geen van voorstaande lande het die onbenutte en gesamentlike potensiaal wat die Kaap het in grond, natuurlike hulpbronne, energiebronne, ligging vir handelsdoeleindes en toerisme nie. Die gemeenskaplike faktore vir al hierdie lande se sukses is goeie politieke en ekonomiese beleide. Die Kaap het die potensiaal tot van die hoogste inkomstes per capita in die wêreld. Al die inwoners van die Kaap kan van die beste standaarde in opvoeding, behuising, sekuriteit, gesondheid en indiensneming gebied word.

…Die Kaap sal floreer as n onafhanklike land.


FAQ3
Sal stemme wegneem van die DA die ANC in beheer plaas?

NEE!

Eerstens, die DA sal loshande wen in die Kaap. Hulle het Kaapstad en die Wes Kaap elke verkiesing gewen met óf ‘n koalisie vanaf 1999 óf ‘n oorweldigende meerderheid vanaf 2009.

Die Kaapse Party het ongeveer 5000 stemme nodig om een setel in die Stad van Kaapstad te kry,

5000 stemme is ‘n klein breukdeel van die DA se 1.3 miljoen stemme. Dis een helfte van Nuweland Rugby Stadion se paviljoen. Met een setel kan die Weskaap Onafhanklikheid saak ten minste op die tafel geplaas word vir bespreking. Met jou ondersteuning is dit moontlik!

Verder, ‘n stem vir die Kaapse Party is ‘n stem vir Weskaap Onafhanklikheid en is die sterkste moontlike stem teen die ANC.

Die DA verwerp volstrek die idee van ‘n Onafhanklike Weskaap. Dus sal ‘n stem vir die DA die proses van onafhanklikheid net verder vertraag, tot die dag dat die ANC finaal beheer neem oor die Kaap. Teen daardie tyd sal die DA mag verloor en sal die kans vir onafhanklikheid vir goed verby wees.

Die DA is ‘n party met nasionale ambisies wat glo hulle kan die ANC omvêr gooi, ‘n nasionale verkiesing wen en die regerende politieke party in Suid Afrika word. Ongeag mens se perspektief aangaande die moontlikhede hiervan, die DA het aan hulleself nasionale verpligtinge opgelê en is gevolglik beperk in die mate waartoe hulle ANC beleid, wat direk diskrimineer teenoor die meerderheid mense in die Kaap, kan weerstaan of hoop om te weerstaan.

Die Kaapse Party ontvang egter alleen mandaat van die Kaap en ons dien eerstens die Kaap. Die Kaapse Party kan die tipes ANC beleid en wetgewing wat die DA verplig is om te aanvaar, teenstaan.

Dus, ‘n stem vir die Kaapse Party sal nie opposisie teen die ANC verswak nie, inteendeel dit sal die opposisie versterk.

 2009 - Wes-Kaap  

52 %

DA Meerderheid: 12/23 setels (1.0 miljoen stemme)

34 %

ANC: 8/23 setels (660 000 stemme)

 2011 - Stad van Kaapstad 

61 %

DA Meerderheid: 135/221 setels (1.3 million stemme)

33 %

ANC: 73/221 setels (730 000 stemme)

 2014 - Wes Kaap  

61 %

DA Meerderheid: 26/42 setels (1.2 million stemme)

33 %

ANC: 14/42 setels (700 000 stemme)
Is Kaap onafhanklikheid regtig moontlik?

JA!

Ons reg op selfbeskikking word spesifiek genoem in die Suid-Afrikaanse grondwet (A.235). Selfbeskikking word gewaarborg deur internasionale wetgewing, die Afrika Unie en die Verenigde Nasies, met Suid Afrika as ‘n gebonde ondertekenaar.

Hier is ‘n verkorte lys van sommige van die wettige dokumente wat die intrinsieke mensereg tot selfbeskikking waarborg:

Constitution of the RSA

UN Charter

United Nations

International Covenant

African Union

Daar is verskillende elemente wat die saak van onafhanklikheid sterker maak. Een is indien 'n land deur 'n unie van voorheen outonome state gevorm is (verw: Geskiedenis), is daar ‘n groter kans dat daardie state onafhanklikheid kan eis:

Voor 1910 het “Suid-Afrika” nie bestaan nie.

Na die Boereoorlog het die Britse Ryk 6 outonome entiteite, in die grense van wat hulle die ‘Unie van Suid Afrika’ (die geografiese ligging van die gebiede) genoem het, saam geforseer.

Die Unie van Suid Afrika se nuutgevormde grense het die twee Boere Republieke, die twee Britse Protektorate, die Koninkryk van Swaziland en Lesotho en die twee Britse Kolonies, die Kaap Kolonie en die Natal Kolonie, ingesluit.

In 1966 en 1968, het Lesotho en Swaziland hul onafhanklikheid terug gekry. Vandaar die twee “gate” in die huidige Republiek van Suid-Afrika.

Wêreldwyd het alle Britse Kolonies buite Suid Afrika, hul onafhanklikheid teruggekry. Die Kaap is egter nog steeds vasgeklem in 'n koloniale Unie afgedwing deur die Britse Ryk.

• Die afgelope 50 jaar het die Verenigde Nasies steeds meer druk geplaas op die noodsaaklikheid van dekolonisasie (verw: VN Selfbeskikking: Beginsel en Wetgewing). Kunsmatige koloniale grense het groot skade in Afrika veroorsaak en die VN se rol tydens die onlangse vreedsame referendum om onafhanklikheid van Suid-Soedan te verkry is die bewys van beide Afrika en die VN se toewyding tot selfbeskking. Regoor die wêreld kies gebiede selfbeskikking.

Die onlangse besluit wat geneem is deur die Britse bevolking vir onafhanklikheid van die Europese Unie (Brexit) is nog ‘n voorbeeld van hierdie tendens. Ons hoor reeds verdere verslae van ander Europese streke wat gereed maak om die voorbeeld te volg. Sekere lande wat alreeds onafhanklikheid geëis het:

Singapoer 1965
Lesotho 1966
Swaziland 1968
Bangladesh 1973
Tjeggiese Republiek 1993
Slovakia 1993
Eritrea (Ethiopië) 1993
Hong Kong 1997 (Outonome streek met politieke bande met Sjina)
Serbië en Montenegro 2006
Kosovo 2008
Suid Sudan 2011

Some other countries that are considering independence:

Skotland, Brittanje
Ierland, Brittanje
Quebec, Kanada
Groenland, Denemarke
Wes Sahara, Morokko
Noord Italië, Italië
Kashmir, Indië
Zanzibar, Tanzanië
Vlaandere, België

Other African Colonies that have returned to independence:

Sudan (1956) – Suid Sudan (2011)
Ghana (1957)
Nigerië (1960)
Tanzanië (1961)
Uganda (1962)
Kenya (1963)
Malawi (1964)
Zambië(1964)
Gambië (1965)
Lesotho (1966)
Botswana (1966)
Mauritius (1968)
Swaziland (1968)
Seychelles (1976)
Zimbabwe (1980)
Namibië (1990)

…Hoekom nie die Kaap nie?

Sedert die geforseerde Unie van suid Afrika in 1920 het twee van die saamgestelde gebiede reede onafhanklikheid geëis.
Lesotho in 1966 Swaziland in 1968

RSA Languages

Is Kaap onafhanklikheid moontlik?

…Dit is waarskynlik onvermydelik.

email email email CIP Logo Back to the Main Page