Die “Division of Revenue Act” wetsontwerp is die rekenskap van alle inkomste wat in Suid-Afrika ontvang word deur direkte en indirekte belasting. Dit word onderverdeel in Nasionale, Provinsiale en Plaaslike sfere van regering.
In gedesentraliseerde lande/federasies is die toekenning van plaaslike inkomste hoër as nasionale toekenning. Daarom het plaaslike gemeenskappe meer geld en meer beheer oor hoe dit bestee word.
In gesentraliseerde vorms van regering is die nasionale toekenning hoër as plaaslike toekenning. Daarom het plaaslike gemeenskappe minder geld en minder beheer oor hoe dit bestee word.
Hier is Suid-Afrika se verdeling van inkomste op die drie vlakke van regering:
Totale inkomste ontvang: R 2.135 Trilljoen
Nationale Toekenning: |
Provinsiale Toekenning: |
Plaaslike Toekenning : |
|---|---|---|
67 % |
28 % |
5 % |
Hierdie is 'n uiters gesentraliseerde sisteem, en dit werk nie. So, hoeveel verloor ons?
Die Wes-Kaap betaal: |
Die Wes-Kaap ontvang: |
Die Wes-Kaap betaal: R 303.3 Miljard Die Wes-Kaap ontvang: R 76.9 Miljard Ons ontvang 'n skamele 25 % van wat ons inbetaal! Die ander 75 % word deur die Nasionale sfeer van regering beheer, met ander woorde, die ANC! Ons “oorleef” op R 76.9 Miljard! As ons onafhanklik was, sou ons 'n bykomstige R 226.4 Miljard direk tot ons beskikking hê! In 'n onafhanklike Kaap sal ons belastings gehalveer word... ...en dienste sal nogtans verdubbel!
Bron: DORA No. 24 of 2024